Ierland Inheemse naam: Éire / Ireland Bynaam: Die Groen Eiland | |
---|---|
Kaart van Ierland | |
Geografie | |
Ligging | Noord- of Wes-Europa |
Koördinate | 53°20′N 08°00′W / 53.333°N 8.000°W |
Argipel | Britse Eilande
|
Oppervlakte | 84 421 vk km |
Hoogste punt | Carrauntoohil 1 041 m |
Administrasie | |
Republiek van Ierland | |
Land | Ierland
|
Hoofstad | Dublin |
Grootste stad | Dublin (553 165)
|
Verenigde Koninkryk | |
Land | Noord-Ierland |
Hoofstad | Belfast |
Grootste stad | Belfast (333 000)
|
Demografie | |
Bevolking | 6 572 728
|
Bevolkingsgroepe | Iere, Ulster-Skotte |
Die wêreld se 20ste grootste eiland en die derde grootste eiland van Europa |
Ierland (Iers: Éire, [ˈeːɾʲə], ; Engels: Ireland, [ˈaɪərlənd], ; Ulster-Skots: Airlann, [ˈɑːrlən]) is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer.[1] Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste.
Die onverwagte uitkoms van Ierland se rewolusionêre periode tussen 1912 en 1925 was die vestiging van twee Ierse state op die eiland.[2] Die onafhanklike Republiek Ierland met 4,7 miljoen oorwegend Rooms-Katolieke inwoners beslaan vyf-sesdes van Ierland se oppervlak, terwyl Noord-Ierland met 'n histories merendeels Protestantse bevolking van 1,8 miljoen van Ierse, Skotse en Engelse afkoms een van die Verenigde Koninkryk se vier lande is. In Noord-Ierland is ongeveer 41,6% van die bevolking lidmate van Protestantse kerke en 40,7% Rooms-Katoliek.[3][4]